Ek is mal oor my rok..stylvol,klassiek,slimmend en asemrowend!die kleur was werklik iets anders!en het perfek by my vel se skakering ingepas..vir dae het ek na die perfekte rok se prentjie gesoek maar al wat ek wel geweet het was dat dit 'n fishtail moet wees met 'n sleep.die rok het soos 'n handskoen aan my gesit en die beste deel was die agterkant met 2ruig bande..dit was nog beter as my droom rok. ons het n konings satyn met gekoorde kant gevat en swarovski kristalle en egte varswater perels op die bo kant gebruik. die 21 lae van die uitskop stuk is gemaak van sagte delikate lappe tot n pragtige sy.My rok is ontwerp en gemaak deur Kobus Rautenbach..

Sien alle inskrywings