Na maande se soeke op die internet vir die perfekte voorbeeld van n rok, kon ek nogsteeds nie besluit watter een van die twee finale idees, wat albei my hart laat roer het, om te kies nie. Ek besluit toe om altwee te gebruik... Die een rok se idee van n toppie, en die ander een se romp. Ek het met díe idee na tannie Marie-Louise toe gegaan, en sy het dit laat realiseer...elke fyn detail is perfek tot op die punt beplan, van die vorm, en pas, van die korset soos díe van n trourok, tot die swarovski-kristal detail op die onderrok en korset... Op kleur kon ek net nie besliut nie, maar die inspirasie van nuwe dinge wat wag en die groei van myself as persoon na my matriekjaar, het my op die einde, na eindelose ure se innerlike konflik laat besluit besliut op die groen en swart, en ek dink die twee kleure het mekaar perfek gekomplimenteer. Ek het na elke passing net meer en meer opgewonde geraak om die eindresultaat te sien, en dit was perfek!! ek het nie net soos n regte prinses gevoel nie, maar soos een gelyk ook!!

Sien alle inskrywings