Ek is mal oor die ou tydse gevoel en wou anders as al die ander meisies gelyk het. Die dag toe ek die rok aan gepas het was ek smoor verlief en wou hom nie af haal nie! Hy het my PERFEK gepas en my vroulike silhoeet beklem toon. Ek is gemaklik in my eie vel en glo dat dit is waar ware skoonheid vandaan kom. Ek is 'n ekstrovert en my hele uitrusting het my persoonlikheid honderd persent uit gebeeld. My gunsteling kleur is pers en dit het my oog dadelik gevang en die borduuring van my rok. Met die gaan ek skoonheid swot so die pers met wit kontras was idiaal want wit beteken vir my rein en skoon. Ek wou ook my grimeuring en hare anders laat lyk het want dit is een keer in my lewe wat ek so aand sou beleef het, soos die Engelse gesegde? "GO BIG OR GO HOME". Dit was nog die lekkerste aand van my lewe en ek sou niks verander as ek die kans oor sou kry!

Sien alle inskrywings