Ek het ure voor die rekenaar spandeer om inspirasie te kry vir my rok. Ek't op een spesifieke webtuiste afgekom waaroor ek gek was. Tony Bowls se ontwerpe het my net daar oorreed om iets soortgelyk vir myself te ontwerp. Ek het 3 verskillende rokke in my rok geimplimenteer en 'n paar van my eie stukkies kreatiwiteit bygevoeg. Toe ons begin soek vir lap het dit my weke gevat voor ek die perfekte materiaal gekry het, maar die eindresultaat was presies wat ek verwag het en mooier. Ek en my ontwerper het mekaar van die begin af verstaan en ek kon nie vir enige iemand beter gevra het nie.

Sien alle inskrywings