Ek is nie 'n frilletjie en valletjie persoon nie. Ek is baie sportief en wou 'n baie elegante, stylvolle en tydlose rok gehad het vir die mooiste dag van my skoolloopbaan. Ek het sekere riglyne neergelê vir Daniel, die ontwerper, soos bv nie te veel "bling" nie valletjies, ens. Daniel het ongelooflike goeie idees gehad en elke keer as ek gegaan het om te pas het hy met 'n nuwe, kreatiewe voorstel gekom, en so het ons saam aan die rok gebou tot die finale produk.

Sien alle inskrywings