My inspirasie was 'n klasieke, stylvol en romantiese idee. Ek het nie 'n presiese idee gehad hoe my rok moes lyk nie. Ek het geweet my hart sal praat en sê, "Dit is die een!". Ek het baie spesiaal, vroulik en beeldskoon gevoel in my rok, nes 'n ware prinses. My rok het my soos ‘n handskoen gepas en ek het baie gemaklik gevoel. Bride Zilla het 'n ongelooflike groot en pragtige reeks van trourokke na aandrokke. Hulle diens en kwaliteit beveel ek vir enige een aan. My matriekafskeid was nie net een aand nie. Ek het lank daarna nog kommentaar ontvang van verskeidenheid mense, wat my geluk gewens het oor hoe pragtig ek gelyk het!

Sien alle inskrywings