Met 'n glansryke styl-ikoon soos Grace Kelly vir 'n ouma kan Charlotte seker nie anders om 'n ongelooflike skoonheid te wees nie. En onlangs is sy deur Vogue aangewys as een van die stylvolste jong vroue van 2012. En daarmee is sy weereens die gesig vir Gucci se nuwe advertensie-veldtog.
Jeans en insteekskoene - 'n klassieke wenner

Dié ontwerpershandelsmerk en sy is 'n goeie kombinasie. Charlotte is mal oor perde en 'n uitstekende ruiter, terwyl Gucci se handsakke en ander bykomstighede altyd detail het wat die stang van 'n perd voorstel.

Die stang-detail op Gucci-items:

Insteekskoene van slangvelRoosgoud en diamant oorbelleHandsak van slangvel

Kyk hier vir agter die skerms: