Reuse nagemaakte kristalle wat in skakerings van violet en blou glinster, het die kelder van die statige Grand Palais in 'n kristalgrot omtower. Kristalle het selfs die modelle se oë omlyn en hul deursigtige skoenhakke versier. En soos die modelle geloop het, het hul hakke op gebreekte kristal geknars.

Volgens berigte het Karl Lagerfeld, die superster-ontwerper van Chanel, inspirasie geput uit die Tsjeggiese Kubisme-beweging van die 1920's en 1930's. Die deurlopende kristal-tema simboliseer deursigtigheid.

Blou was reeds verlede jaar 'n belangrike kleurtema vir Chanel, maar dié keer is dit die bloue van 'n ametis en kristal.

Besoek www.chanel.com vir meer hieroor.