WEES MY VALENTYN!
Ballerina-mooi in 'n sagte maasstof-rok. 'n Toeknooptrui dra lekker daarby. Rok met horisontale bane wat wyer gesny is  na onder (R350), Country Road @ Woolworths. Strikkie-oorbelle met traandruppelsteen (R770), Collect @ Mungo & Jemima. Swart palmhandsak (180), Woolworths. Vaalpienk leerhakskoene (R1095), Carvela @ Spitz.

Rok: groottes 8 - 14
Trui: XS - XL

Mode-sessie Februarie 2009

Tydloos - &aposn hoëmiddellyf-romp
Skarlaken - &aposn Elegant aandrok

TYDLOOS

Vier die 50’s met ’n hoë middel.
’n Insteek-trui is sjiek daarby.
Rooi kortmoutrui (R499), Country
Road @ Woolworths. Roomkleurige
plooieromp (R520), Michelle Ludek @ The Space. Lang halssnoer (R199), Accessorize. Strikkie-oorbelle (R260), Katie Magoo’s.
Trui: groottes XS – XL
Romp: S – L


SKARLAKEN

Rooi is nie net die kleur van liefde
nie – dis ook ’n in-die-kol kleur vir
somer se modeitems: glansskoene, handsak en elegante aandrok. Steenkleurige boothalstop van maasstof (R590), Lunar. Rooi satyn-aandrok met kant- en kraledetail
(prys op aanvraag), KLûK CGDT (op bestelling). Kroonkandelaaroorbelle
(R199), Accessorize. Strikvormige diamantéring (R200), Lulu Belle.
Rok: op bestelling
Top: groottes 32 – 40
Stylvol - Die hoëmiddellyf-broek is terug Altyd reg - met &aposn kantbloes gaan  jy nie verkeerd
STYLVOL
Die hoëmiddellyfbroek is terug en
meer stylvol as ooit – veral dié
sagte wyepypsnit. Rond dit af met ’n moulose bloes. Beige broek met
wye pype (R690), Jo Borkett. Moulose bloes met blompatroon (R773), Maya Prass. Helderpienk ooptoonwighak van satyn (R225), Woolworths. Bronsoorbelle met uitsny-patroon (R700), Ida Elsjé. Swart blom-borsspeld (R90), Lulu Belle.
Broek: groottes 30 – 38
Bloes: 32 – 40


ALTYD REG

Met ’n kantbloes kan jy nie ’n fout
maak nie. Dis sag en elegant, perfek vir daardie spesiale afspraak. Dra dit by ’n potloodromp. Vaalpienk oopknooptrui (R320), Ltd @ TRUWORTHS. Kantbloes met valle (R465), Urban Rose @ The Space. Pienk satynpotloodromp (R690), Jo Borkett. Pêrel-armband (R275), Lulu Belle.
Trui: groottes 30 – 42
Bloes: S – L
Romp: S – L

Tekstuur - &aposn Onderbaadjie van brokaat lyk sjiek Rooi & Mooi

TEKSTUUR

’n Onderbaadjie van brokaat lyk
tog te sjiek met ’n rooi palmhandsak daarby. Liggrys satynbloes (R799), Slick. Brokaatonderbaadjie (prys op
aanvraag), Maya Prass. Rooi satyn-palmhandsak (R149), Zoom. Pêrelhalssnoer (R200), Jools to Wear.
Bloes: slegs grootte 34
Onderbaadjie: op aanvraag
ROOI & MOOI
’n Moet-hê item in ’n moet-hê kleur. Rooi skederok met dun belt (R399,95), Edgars. Wit driekwartmoubaadjie van brokaat
(R1 395), Carducci. Silwer satynhakskoen (R330), TRUWORTHS. Traanvormige pêreloorbelle (R70),Lulu Belle.
Rok: groottes 8 – 18
Baadjie: 30 – 40
Blom-prag - &aposn Motief wat nie uit die mode gaan

BLOMPRAG
’n Motief wat net nie uit die mode
gaan nie. Dié veelsydige jas lyk ook goed by jeans. Grys rok met drapeerdetail (R1 500), Slick. Geblomde jas met driekwartmou (R2 600), KLûK CGDT. Oorgroot pers palmhandsak (R149,95), Edgars. Swart ooptoonhak van satyn (R499), Zoom. Silwerring met vierkantige onikssteen
en ronde maansteen (R1 150), Anpa. Swart krale-oorbelle (R129),
Accessorize.
Rok: slegs grootte 34
Jas: 30 – 4