Om die aandag daarop te vestig het Woolworths tesame met die ontwerperspan Pitchblack 'n herbruikbare sak (R29,95) bekend gestel. Woolworths het in vennootskap gegaan saam met die World Wide Fund for Nature (WWF) en skenk daarmee R10 van die handsak se verkope aan WWF. Hierdie donasies sal gebruik word vir die bekamping van renoster-stroping. Afrika is bekend vir die groot 5 en nie die groot 4 nie - dít is die boodskap van die handsak. Vir meer inligting, kontak Woolworths by 0860 100 987 of besoek www.woolworths.co.za.

Tans is daar nog net sowat 4 000 swartrenosters en 20 000 witrenosters oor Afrika oor. Daar word meer renosters jaarliks gestroop as wat daar gebore word.