Ek wou iets ANDERS gehad het as al die ander meisies, maar ook iets wat my persoonlikheid weerspieel. Ek het 'n "weird"streek in my, helderkleure is my gunsteling, leer en jeans. Dit is die materiaal waaruit my rok moes gemaak word. Dit moet steeds stylvol wees en nogsteeds na 'n matriekafskeid rok. . Ek het na 'n ontwerper gegaan en met 'n idee in my kop aan haar probeer verduidelik wat ek wou he. Sy moes in my kop inklim en my persoonlikheid in ag neem want ek het aan haar gese ek soek my persoonlikheid in my rok. Sy het die rok geskets en ek was reeds gaande daaroor. Die aand van die afskeid en al my vriende gese hulle sien my in die rok so ek het gekry wat ek wou deurdat my persoonlikheid weeerspieel word deur my rok

Sien alle inskrywings