Met al die langnaweke is die volgende items ideaal vir jou naweeksak.

Koeriersak
Tydens Mango se Winter 2011-voorskou het elke model ’n koerierhandsak by haar uitrusting gedra – vir daardie 
informele styl.

Skaapvelbaadjie Leerbelt
Skaapvelbaadjie
Klere en bykomstighede
met ’n skaapvel-afronding
is gewild vir die herfs en winter.
Belê nou al in een. Roomkleurige
baadjie
van kuns-skaapvel (R599),
Forever New.
Groottes: 6 – 16
Leerbelt
Vir Herfs 2011 is ’n middelslagbreedte
tot smal belt
groot nuus. Gebruik ’n belt om
jou uitrusting nie net af te rond nie, maar
ook interessant te hou. Kyk uit vir ’n
belt met detail. Bruin leerbelt met vlegsel-detail
(R1 149), Diesel.
Gestreepte Top Spanbroek

Gestreepte topStylvol vir oud en jonk.
Eksperimenteer deur dié streepitem met ander patrone te kombineer. Top van katoenmengsel (R250), Emilia.
Groottes: 32 – 40

Spanbroek
Dis steeds in die mode! Vir ’n vars herfsvoorkoms, kombineer dit met die nuwe stapstewel en skaapvelbaadjie. Bruin spanbroek van kunsleer (R500), Davorka.
Groottes: Xs – XL
Tuniek Waterval-Trui
Tuniek
’n Tuniek is altyd ’n goeie belegging,
want jy kan dit vir meer as een seisoen dra.
Tuniek met patrone
(R499),
Sissy Boy.
Groottes: XS – L
WatervaL-trui
Vleiend vir alle figure. Dra dit oor jeans,
’n spanbroek of selfs saam met jou gunsteling-rok.
Ligbruin trui
(R420), Robyn Caris.
Groottes: S – XL
Serp Plat Stewels
Serp
’n Serp is so veelsydig. Dit hou jou nie net warm nie, maar is ook dekoratief. Katoenserp met blompatroon (R190), Jo Borkett.
Plat Stewels
Dié herfs en winter se moet-hê-stewel is
geïnspireer deur die stapskoen. Kyk uit vir
enkel- en kuithoogte-stewels.
Plat beige stewels van leer met veterdetail
(R689,95), Billabong.
Bedrukte T-Hemp Jeans
Bedrukte T-hemp
Met ons lekker warm klimaat is ’n T-hemp altyd ’n staatmaker. Swart T-hemp van katoen (R499), Diesel.
Groottes: XXS – L
Jeans
Jy kan nie sonder jou jeans nie. Dit kan na enige
geleentheid
gedra word, behalwe as dit baie formeel
is. Stewelpyp-jeans (R249,95), Mr Price.
Groottes:
6 – 18