Ek het iets gesoek wat by my sou pas en my spesiaal sou laat voel het. Ek het verskeie rokke aangepas maar kon nie een kry waarvan ek gehou het nie. Ek het uiteindelik een op die Internet gekry wat naastenby was waarvan ek gehou het. Die tannie wat my rok gemaak het, het veranderings aangebring todat dit my smaak gepas het en voilá, daar is my rok! Ek het lank geneem voor ek kon besluit watter kleur ek wou gehad het vir my rok. Ek het 'n kleur gekies wat niemand sou verwag het ek sou dra nie. Die rok het ongelooflik lekker gedra en was glad nie moeilik om in te beweeg nie. Nelize

Sien alle inskrywings