Aanvanklik wou ek graag my rok hê soos die kleure van pouvere - maar met vakansies by die see het die kleur van die see se weerkaatsing 'n baie groter indruk op my gemaak! Ek wou 'n "klassieke" rok hê en het my materiaal in Kaapstad gekoop by Paul van Zyl... Nadat ek Kurt Darren se vrou se trourok in verskeie tydskrifte gesien het, het ek na dieselfde ontwerper gegaan vir my matriekafskeidrok - Dankie Dunay Darren vir inspirasie!! As iemand my vra wat die kleur van my rok is, dan sê ek: "Die kleur van die see in Mauritius, vroegoggend as die son daarop skyn". Verder voel ek soos Julia Roberts in Runaway Bride: "I love my dress, because it swishes like a bell when I move."

Sien alle inskrywings