Die Australiese weergawe van Harper's Bazaar het vir hul Desember-uitgawe die ikoniese 1992-voorblad van Kate Moss vir dieselfde tydskrif nagemaak. Maar dié keer is Nicole Kidman die voorbladgesig.

FOTO: Nicole Kidman (links) en Kate Moss(regs) op die voorblad van Harper's Bazaar Nicole Kidman op die Desember 2013-voorblad (links) Kate Moss op die voorblad in 1992.

1992 was ’n groot jaar vir Kate. Dit was die jaar waarin sy die Calvin Klein-veldtog losgeslaan het wat haar ster-loopbaan afgeskop het. Die mode-wêreld was aan haar voete en haar blink toekoms het nog voor haar gelê. (Lees meer oor Kate Moss die styl-ikoon hier.)

Nicole Kidman het ook ’n suksesvolle jaar agter die rug. Sy is as die gesig van die luukse skoenhandelsmerk Jimmy Choo aangewys (kyk na die pragtige advertensies hier) en sy is besig met baie nuwe projekte. Haar twee rolprente Stoker en The Railway Man is hierdie jaar bekend gestel. Sy het ook geskiet aan die opspraakwekkende fliek Grace of Monaco waarin sy die hoofrol vertolk. Dié fliek en nog 3 ander word volgende jaar vrygestel én sy het reeds 2 projekte vir 2015.

Nicole Kidman se man - kort of lang hare?

Die negentigerjare

Die voorblaaie wys ook vir ons mooi hoe ons idee van styl en mode van die negentigerjare ontwikkel het. Kate se blinkrooi uitrusting moes ’n feestelike atmosfeer skep - haar mini-weergawe versier ook ’n Kersboom. Nicole se voorblad is minder eksplisiet, maar steeds baie feestelik. Die styl van die negentigerjare het gevolg op die punk-trend van die 80's. Vandag dra ons nie meer soseer ’n boodskap (soos baie modes van die 80's nie) deur ons klere oor nie, maar wys ons eerder ons unieke persoonlikhede deur ons kleredrag.

feestyd met stylNicole se grimering

Nicole lyk beeldskoon soos altyd. Haar voorkoms op die voorblad is elegant, modern en dramaties. Die hoë bolla, wat hoogmode is, gee haar voorkoms ’n moderne en selfs ’n koninklike element. Dié hoë haarstyl beklemtoon ook haar fyn gelaatstrekke.

Die donker katoog is altyd ’n wenner, veral by Nicole se ligte gelaat. Jy kan hierdie voorkoms met ’n vloeibare oogomlyner kry. Trek ’n streep teen die bokant van jou wimpers en trek dan ook ’n “vlerkie” aan die buitenste hoek van jou oog. Rond die voorkoms af met ’n paar lae maskara voordat jy ’n tiksel natuurlike lipglans aan jou lippe wend.

Die koningin van die katoog - Cleopatra word 50. Kry haar styl! 

Nicole se mooiste Harper's Bazaar-voorblaaie

Van watter voorblad hou jy die meeste? Kate se ikoniese voorblad uit die 90's of Nicole se klassieke 2013-voorblad?