Ek het nog altyd oor 'n rooi matriekafskeid rok gedroom. Ek was bevoorreg om my tannie se hardwerkende hande net vir my rok te kon gehad het. My plan was van die begin af om van verskeie teksture van materiaal gebruik te maak. My "bodice" was van leer; waarop my tannie per hand uitsnywerk van 'n blom motief gedoen het. Dit het mooi diepte gegee. My inspirasie kom eerstens uit Hooglied 4:7 waar God sy liefde in my skoonheid openbaar. Als het so mooi in plek geval ek kon nie vir meer gevra het nie! Nog 'n baie belangrike motivering is my oorlede moeder. Die blom motief herinner my aan haar en terwyl sy nie my spesiale dag kon meemaak nie was sy in my herinnering elke oomblik met haar liefde vir blomme. Net so na die winter wag elkeen vir die vars reuk van die oggend en die blomme wat blom. So was my matriekafskeid-aand vir my - 'n hoogtepunt in my skoolseisoen. Volgende jaar - die opwinding van iets nuuts.

Sien alle inskrywings