Nóg ’n Victoria's Secret-model het vanoggend in Suid-Afrika geland om hier te werk, net maande nadat Candice Swanepoel hier was.

Ons het gedink dit is ’n eenmalige geleentheid toe die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel, wat deesdae ’n internasionale model is, in Suid-Afrika aan ’n Woolworths-veldtog kom skiet het. Maar vanoggend het dié winkelgroep ons verras toe Joan Smalls by die Kaapstadse Internasionale Lughawe opgedaag het om vir hulle ook ’n veldtog te skiet.

Joan is van Puerto Rico en is tans een van die mees gesogte modelle ter wêreld. Sy het al vir bekende modehuise soos Fendi, Jean-Paul Gaultier, Hugo Boss, Chanel en Giambattista Valli gewerk én is, soos Candice, ’n Victoria's Secret Angel.

Joan is blykbaar die nuwe gesig van Woolworths se STUDIO W-reeks.

Lees meer oor Candice se besoek aan haar tuisland:

Kry Joan se reis-voorkoms in die SARIE-winkel:

FOTO: Joan Smalls ariveer vanoggend by Kaapstad Internasionale Lughawe (Woolworths) Joan Smalls vanoggend by die Kaapstadse Internasionale Lughawe FOTO: Woolworths

FOTO: Joan Smalls ariveer vanoggend by Kaapstad Internasionale Lughawe (Woolworths)

Paisley jacket en Ashtyn sweater

Studded tote en Upright wash curvy sophia jeans