Diet Coke, bekend vir die vroulike aanslag in hul bemarkingsveldtogte, het hierdie week aangekondig dat Marc Jacobs aangestel is as hul nuwe skeppende direkteur. Jacobs volg in die voetspore van ontwerpers soos Karl Lagerfeld en Jean-Paul Gaultier wat voorheen eksklusiewe bottels en bemarkingsveldtogte vir die koeldrank ontwerp het. Vogue berig dat Jacobs se ontwerpe gaan fokus op die bemagtiging van vroue deur die “Eighties, Nineties and Naughties”. Diet Coke het hul samewerking met Jacobs afgeskop deur hierdie tong-in-die-kies video wat laat herinner aan die Diet Coke “11:30 break”- advertensies van die 90’s.

Jacobs beskryf dit as stylvol en lighartig. Ons kan nie wag vir meer nie!