Nie net het Jennifer Lawrence met die beeldjie vir die Beste Aktise weggestap nie, maar was sy ook ons groot stylwenner vir die aand! Die Dior-rok het haar perfek gepas en die halssnoer wat sy omgedraai en na agter gedra het, het vir ekstra drama aan die rugkant van haar rok gesorg.

Jennifer Lawrence

Kort op haar hakke volg Charlize Theron, ook in 'n Dior-rok. Sy't dié Oscars meer gefokus op die eenvoud van haar rok (onthou julle nog die groot strik van 2006?). Duidelik is die peplum-styl nog groot vir 2013.

Charlize Theron

Met ons volgende twee gunsteling-rokke onderstreep die grootste kleurtendens by dié Oscars: 'n Ligte kleurpalet van wit, beige en lig-grys.

Amy Adams het ongelooflik gelyk in 'n ligte grys rok van Oscar de la Renta. 'n Regte prinses-styl-bostuk met 'n dramatiese val op val-effek.

Amy Adams

Amanda Seyfried het ongelooflike gelyk in 'n haltnernek-rok deur Alexander McQueen. Ligte kleur is haar gunsteling op die rooitapyt en dié keer het sy weer veilig gespeel. Die borduurwerk op dié rok is eenvoudig pragtig.

Amanda Seyfried

Ons vyfde stylwenner is Sally Field. Haar treffende rooi rok van Valentino pas perfek by haar ouderdom, het haar figuur soos 'n handskoen gepas en het ook al die ander gekleurde rokke uitgestof.

Sally Field

LEES OOK:

Hierdie rokke het Britse Vogue vir die groot sterre voorspel. Was hulle reg?