Dis weer die seisoen waaroor matriekmeisies droom – daardie spesiale aand wanneer dit jóú beurt op die rooi tapyt is.

Skryf jou droomrok in vir ons wedstryd en jy kan dié heerlike prys wen. Klik hieronder om in te skryf en onthou om foto's gereed te hou: een vollengte foto en een kop-en-skouers-foto!
Jy kry ook kans om te sê waar jy die inspirasie vir jou rok gekry het.

Deel jou inskrywing met jou Facebook-vriende en vra dat hulle kommentaar lewer.

HIER'S 'N PAAR ALGEMENE MATRIEKAFSKEIDSROK-TRENDS

ROOI TAPYT-INSPIRASIE VIR JOU GROOT AAND

sarie.com se modeblogger, Aspoestertjie, het die top style vir 2010 op Hollywood se rooi tapyte gaan soek. En haar raad is om die kleur reg te kies en beslis nie te veel 'cleavage' te wys nie. Die top kleurpalette vir dié seisoen is 'nudes' & pastelle, maar ook helder kleure soos rooi en pers.

Kies &aposnude' skakerings vir jou droomrok

KLEUR VIR MATRIEK

Swart kom vanjaar tweede by matriekafskeidgesellighede. Pers, poublou, inkblou en turkoois is nou die i´n-kleure.

Só sê Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur:

* Bloue is net so stylvol soos swart.

* Pers lyk veral goed by blonde koppe, inkblou by die J.Lo's van die wêreld.

* 40% van alle mense sê blou is hul gunsteling-kleur.

By die Afrika-modeweek in Johannesburg het plaaslike ontwerpers soos Thula Sindi en Klûk CGDT ook skeppings in hierdie treffende kleure gewys.

Rok van Thula Sindi by die Afrika-modeweek

En dít kan jy wen

 

'n R5 000-geskenkbewys vir die droomrok van jou keuse - ontwerp en met puik vakmanskap gemaak deur die Italiaanse familiebesigheid, La Collezione dei Conti. Dié top-ontwerpershuis is veral bekend vir hul trourokke, uitrustings vir die bruidegom en die gevolg asook prag-aandrokke vir skemerkelkies en ander spesiale geleenthede. Inspirasie word direk vanaf die Italiaanse loopplanke na SA gebring.

La Collezione dei Conti

La Collezione dei Conti

WEDSTRYDREËLS


SLUITINGSDATUM: 30 November 2010