Pas het ons modespan Katryn Kruger van Durbanville vir dié uitgawe tussen die kanola-lande van die Overberg geskiet, en sy’s Parys toe om eksklusief vir die modehuis Givenchy op die loopplank te
verskyn. En hier is sy! ’n Treffer en so gemaklik in die kollig asof sy dit al haar lewe lank doen, sê ons modedirekteur, Chris Viljoen. Katryn het ook al in Prada se Lookbook (’n prestige-glansbrosjure)
verskyn. Letterlik van die skoolbank na die loopplank in minder as ’n jaar. Mansmodel Robert Bester, wat Zac in 7de Laan gespeel het, het haar in ’n winkelsentrum ontdek.

Katryn, dís ’n SA naam om te onthou . . .

Lees meer oor Katryn in die Januarie 2012 uitgawe van SARIE - Nou op die rakke!