Hoe gereeld kom jy nie op die perfekte paar skoene af nie, net om te ontdek dat die hak effens te hoog is of die kleur wat jy soek, is nie te kry nie?

Elli-Nicole het met 'n innoverende oplossing vorendag gekom. Suid-Afrika se eerste webwerf vir pasgemaakte skoene, Elli Nicole Shoes, waar jy self jou droomskoene kan ontwerp wat voor jou deur afgelewer sal word.

Die ma-en-dogter-span se skoene is gemaak van egte leer en het gespesialiseerde kussinkies vir uiterste gemak. By die aanlyn winkel kan jy uit verskeie kleure en style kies. Nie net is dit 'n prettige prosedure nie, maar jy kies selfs die vorm, kleur en bykomstighede soos kristalle en blomme. Kyk net hoe mooi:

Mode-intern: Lezaan Nel