Minder is meer

Die eenvoud van hierdie rok is perfek vir werk. Kombineer dit met eenvoudige, sterk bykomstighede.

Klik hier vir die naweek-voorkoms

Vlootblou knielengtesyrok (R1 099), Trenery @ Woolworths. Breë belt met slangvel-voorkoms (R120), Exact! Piouterhalssnoer (R350), Lulu Belle. Rok: groottes 6 - 18

Mode-sessie: Februarie 2010

 
 

Nuwe wit hemp

'n Dramatiese hemp met valle of sterk skouers verleen moeitelose elegansie.

Wit bloes
van katoenmengelstof met valle (R699), Nicci Boutique.
Silwer- en turkoois oorbelle (R165), Oh So Boho.

Bloes: groottes M - XL


 

Klassiekebaadjie

Vir 'n immer-moderne indruk, belê in 'n baadjie. Trek dit aan saam met vlootblou jeans vir 'n informeler gevoel of kombineer dit met 'n bypassende potloodromp om gesag af te dwing.

Steenkleurige wolbaadjie (R1 950), Carducci @ Stuttafords. Roomkleurige moulose top (R699), Guess. Vlootblou noupyp-jeans (R220), Identity. Bonkige piouter-armbande (R175 elk), Lulu Belle. Room-en-kameelkleurige balletstylskoene van leer (R1 095), Geox @ Spitz.

Baadjie: groottes 30 - 42
Top: XS - L
Jeans: 28 - 36


 

Potloodromp

Dit sê jy's hier om te werk - met flair. Dra 'n top met interessante detail daarmee saam.

Steenkleurige potloodromp van wol (R890), Carducci @ Stuttafords. Naaswit top met bonkige halsversiering (R899), Nicci Boutique. Rooi sykouse (R69,95), Falke. Rooi armbande van sy en goue armband
(R95 vir stel), Lulu Belle.

Romp: groottes 30 - 42
Top: L - XXL


 

Dag-tot-aand-rok

'n Gesofistikeerde helder rok is perfek van sonopkoms tot laat saans. Dra dit bedags saam met neutrale kleure.

Klik hier vir die aandvoorkoms

Groen-en-turkoois syrok (R2 870), KLûK CGDT. Roomkleurige belt van kunsleer (R299), Slick. Kettingskakel-halssnoer van piouter (R275), Lulu Belle.

Rok: groottes op aanvraag


 

Skoene met houding

Steek kop en skouers bo die res uit - letterlik - met dié treffende hakskoene.

Kersierooi ooptoonhakskoene van leer met slangvelmotief (R699), Luella. Bruin katoenrok met belt (R790), Jo Borkett. Café au laitkleurige spanbroek (R199), Bombshell @ YDE. Turkoois plastiekhalssnoer (R299), Accessorize.

Rok: groottes XS - L
Spanbroek: XS - L


 

Vlootblou broekpak

Dis die klassieke broekpak in vandag se moet-hê-kleur: vlootblou.

Vlootblou potloodstreepwolbaadjie (R2 299) en bypassende broek
(R1 499), Country Road @ Woolworths. Wit sy-top met blompatroon
(R399), Nuccus @ The Space. Swart punthakskoene van kunsleer
(R299), Zoom. Silwerkleurige ring met apatiet-steen (R55), Oh So Boho.

Baadjie: groottes 4 - 16
Broek: 4 - 16
Top: S - L


Vroulike handsak

Dra by 'n ernstige uitrusting 'n sjiek handsak met 'n interessante tekstuur.

Roomkleurige handsak met blinkleerkrokodiltekstuur (R795), J Renee @ Spitz. Wit volromp van katoenmengelstof (R2 200), KLûK CGDT. Kameelkleurige moulose baadjie van wolmengelstof (R1 500), KLûK CGDT. Rondetoonhakskoene van leer met slangvelmotief (R899), Aldo. Sterlingsilwerhalssnoer met hangertjie en voëltjie (R1 200), Mungo & Jemima. Silwerkleurige halssnoer (R295) met pêrel- en turkoois hangertjie (R1 150), Oh So Boho. Silwerkleurige halssnoer (R275) met pêrel-en rookkwarts (R445), Oh So Boho.

Romp en baadjie: groottes op aanvraag