Niemand sien kans vir (ongevraagde) menings soos “Pak jy jou hele kas?”, “Jou tas se ritsluiter gaan breek!” of “Is hier ’n lyk in jou tas?” nie! Die modespan het die hoof-items gaan uitkies wat ons dink jy moet pak vir die langnaweke wat voorlê.

Jou lys:

  • Jeans (verkieslik donker)
  • Kortbroek
  • T-hemp
  • Bloes
  • Strepiestop (dis ’n móét)
  • Romp (vir die wis en onwis)
  • Leerbaadjie (baie nuttig)
  • Parka (dit is warmer as ’n leerbaadjie)
  • Hemprok (dis baie prakties, want jy kan dit dra as ’n jas, rok of hemp)
  • Tekkies
  • Sandale
  • Enkelstewels
  • Serp
  • Swembroek
  • Sweetpaktop (dit is altyd handig)
  • Trui
  • Hakskoene
  • Top

ONTHOU jou onderklere, nagklere en sokkies!

Ons het items uitgesoek wat perfek sal wees vir die langnaweke:

Pak 1 Pak 2  

Hier volg ’n paar voorbeelde van uitrustings:

Braai:

Gemak is die belangrikste vir ’n braai en die aandluggie kan ysig wees.

Braai

Dag-aktiwiteite:

Hier is ’n paar opsies vir as jy see, markte of winkelsentrum toe gaan.

Dag aktiwiteite

’n Aand uit:

Vele opsies met min items.

aand uit

Meer kreatiewe uitrustings:

kreatief   (Goeie nuus is dat jy die items nou kan koop. Kyk onder waar die items beskikbaar is. Sommige kan jy aanlyn koop.)

Nog wenke:

Die beste wenk wat ons vir jou het, is om "ekonomies/prakties" te pak sodat jy kan meng en pas. LET WEL: Die uitrustings wat ons gestileer het, is nie die enigste uitrustings wat jy bymekaar kan sit nie. Nog ’n goeie wenk is om die items op jou bed uit te pak en dan uitrustings te skep. Pas dit dan aan en kyk of jy dit bymekaar kan dra. Só vat jy dalk minder klere saam, maar dis baie meer prakties.

Vat die helfte hoeveelheid klere en dubbel die hoeveelheid geld - dit werk soos ’n bom!

VERMY WEL DIE VOLGENDE ITEMS AS JY PAK:

  • Haardroër – die meeste gastehuise en hotelle het dit 
  • 10 miljoen skoene
  • Werk, werk, werk 
  • Duur juwele
  • Groot kamerabykomstighede
  • Jou versameling gesigprodukte (vat net die nodigste)
  • AL die speelgoed van jou kinders
  • Winterjasse in die somer