Beplan jou uitrustings

Dis eenvoudig: daar's gewoonlik 'n paar groot geleenthede tydens jou vakansie waarvoor jy uitrustings moet hê. Vir my is dit Kersfees en Nuwejaar oor Desember. Pak hiervoor in en hou ook die weer in gedagte.

 

Wie dra hakskoene oor Desember?

Skop jou hakskoene 'n slag uit! Pak net gemaklike skoene soos sandale en plakkies wat minder plek vat. As jy weet jy gaan na 'n funksie toe, pak eerder meer "neutrale" hakskoene in, soos swart of naak, sodat jy dit weer kan dra. Of kies andersins 'n paar netjiese sandale wat jy na 'n formele geleentheid kan dra. 

Rol dit op!

Rol jou klere op as jy pak. Dit keer dat dit so erg kreukel, en ja, dit vat ook minder plek.

Pak genoeg swembroeke

Nou nie by dosyne nie, maar as jy see toe gaan, gaan jy 90% van die tyd in jou swembroek wees. Maak seker jy pak verskillende style.

Neem rokke saam

Rokke is die maklikste en koelste. Jy gooi dit net oor jou kop.

Kies jou gunstelinge

Jy is gemaklik in jou gunsteling-items en weet wat werk saam met dit.