Dis weer sulke tyd: Uitverkopings, uitverkopings en nogmaals uitverkopings! 

Ons is geneig om ’n bietjie kop te verloor by uitverkopings. Soos aasvoëls storm ons in die winkels in en gryp sommer drie paar skoene, al is dit nie heeltemal ons nommer nie! Maar daar's nie verniet die volgende gesegde nie: "Goedkoop is duurkoop.” Hier is ses wenke om jou te help kophou tydens ’n uitverkoping.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, uitverkopings is altyd lekker. Veral as daardie duur item wat jy al die hele seisoen lank begeer nou 50% goedkoper is!

6 wenke vir ’n uitverkoping:

#1 Maak eers ’n lys

Maak ’n lys van die items wat jy rêrig nodig het en wil hê.

 #2 Koop basiese items

Klere soos wit of swart T-hemde en hemde, jeans en denimhemde is tydloos.

FOTO: Hannah Morgan / Unsplash FOTO Hannah Morgan / Unsplash

 #3 Koop klere wat pas!

Wees trots op jou “ekstra” kurwes en fokus vleiende aandag daarop – die lewe is heeltemal te kort vir ’n obsessie oor jou kleregrootte! En die kans is klein dat jy daardie gewig vinnig gaan verloor.

 #4 Moenie tevrede wees met die eerste item wat jy sien nie

Jy sien ’n leerbaadjie, maar weet dis nie presies wat jy gesoek het nie? Sit dit terug en soek verder.

via GIPHY

 #5 Moenie lui wees nie

Snuffel ’n bietjie verder rond om seker te maak jy kry die beste kopies.

 #6 Ken die reëls

Wees 100% seker voor jy iets koop. Baie winkels aanvaar nie items op uitverkoping terug nie, dan sit jy daarmee!

via GIPHY