Ek het net geweet ek wil rooi skoene he. Ek het saam my Ma, tannie en niggie na n rok begin soek met die idee van n rooi rok in my kop. Niks van die rooi rokke in die Pallu boutique het my aangestaan nie en so het my soek n nuwe form aangeneem... enige rok wat mooi sal lyk by rooi skoene! Na ek seker meer as 20 rokke aangepas het, het hulle MY rok gaan haal al was dit uitgehou vir iemand anders. Dit het nommerpas gepas en ek het net geweet DIT is MY rok! Ons het die verkoopsdame gesmeek om die rok aan ons te verkoop en sy het ingestem - na sy die ander meisie gebel het natuurlik. Ek het besluit op n rooi blom in my hare en swart juwele en natuurlik rooi Aldo skoene wat ek na n groot gesukkel hier in Namibia gekoop het.

Sien alle inskrywings