Matriekafskeid, die dag waarna elke Hoërskool meisie uitsien. ‘n Dag om op te “dress”, en saam beste vriende te deel. Met tyd het dit duidelik geword my droom is besig om te vervaag. Na elke aanpas geleentheid was die verwagting groter, so ook die teleurstelling, want die rok begin al skewer trek en sit meer ongemaklik. Die negende pas sessie, afwerking is swak en stikwerk pateties. Ek het gevoel hoe stort die afskeid in duie. Mamma moes red, dit was ’n noodtoestand, tyd was kritiek , ek’s besig met die rekord eksamen,. Ousus help en gaan saam na die winkels. Ek het nie lekker gevoel nie, maar dit is nog net ‘n week en ek moes ‘n spesiale rok kry. Ek was moedeloos, daar was soveel rokke, ek het vier aangepas. Almal stunning, maar nie regtig wat ek wou hê, die lewe is so onregverdig. Ousus het my gesmeek om ‘n rooi rok aan te pas. Die rok wat ek gedink het was te veel, was perfek! Die glimlag op my gesig sê alles, dit was die rok waarvan ek gedroom het. Ek is ‘n Hollywood stêr op die rooi tapyt van Hoërskool Florida. Vanaand voel ek die mooiste ooit!

Sien alle inskrywings