EK WOU NOG ALTYD 'N PRINSES ROK DRA VIR 'N UITHANG GELEENTHEID - EN MY 1STE NATUURLIK WAS VIR DIE MATRIEKAFSKEID. TERWYL ONS MET VAKANSIE IN DIE KAAP WAS VERLEDE JAAR (2010) JULIEMAAND HET EK MY DROOMROK BY PEBBLES RAAKGELOOP. EK HET HOM VAN DIE RAK AFGEHAAL EN GEWEET DIS DIE EEN,- DIE KLEUR EN SNIT WAS EK MAL OOR! MY MA HET NATUURLIK AANGEDRING DAT EK NOG ANDER MOET AANPAS, MAAR EK WAS DOODSEKER. DAARNA KON EK AL MY AANDAG AAN MY SKOOLWERK EN MAATS GEE TERWYL BAIE VAN MY MAATS TOT OP DIE NIPPERTJIE NOG GESOEK HET VIR 'N ROK. SO, VIR 'N HELE 6 MAANDE HET MY ROK IN DIE KAS GEHANG - TOEGESLUIT! 'N PAAR DAE VOOR DIE MATRIEKAFSKEID NA MY "HAIR TRIAL" HET EK HOM WEER AANGEPAS EN WAS IN DIE WOLKE, NOG STEEDS OOR MY KEUSE.

Sien alle inskrywings