Ek het sedert graad 9 begin rondkyk in tydskrifte en op die internet vir die rok met die Wow-faktor vir my. In Junie vanjaar het ek uiteindelik op 'n fantastiese rok in 'n tydskrif afgekom. Ek het die foto van die rok na 'n tannie op die dorp geneem, wat my rok sou maak. Net voordat ons die materiaal kon koop, het die tannie geval en haar regterarm baie sleg gebreek. My enigste uitweg was om 'n klaargemaakte rok te koop. My mode-ikoon is beslis Kim Kardashian. Daarom het ek geweet dat my tyd te min is om my perfekte Kim-rok te kry. Die rok moet stylvol en nie oordoen wees nie. Toe ek en my ma die oggend by Lace Boutique in Tygervallei instap, het Kim en byna 3 jaar se navorsing by die deur uitgevlieg. Want daar, in die vertoonvenster hang die perfekte René-rok. Alles en meer as wat ek ooit kon droom van...en die rok het perfek gepas!

Sien alle inskrywings