Die rok is spesiaal gemaak deur Shani Swanepoel. Iemand wat ek al ken vandat ek 3jaar oud is, wat vir my soos ‘n groot Sussie is. Ons is deur baie saam veral die jaar en dit het baie beteken dat sy soveel moeite gedoen het met my rok en dat deur alles wt ons deur is het sy die rok van my drome gemaak. Ons het begin met inspirasies van alles wat ek in ‘n rok wil he en baie fotos. Van daar af het ons die rok gemaak tot my wense. Die rok het na een pas, harde werk en liefde die rok van my drome geword. Dit was spesiaal omdat sy gese het dit is die mooiste rok wat sy gemaak het van al ha matriekafskeid rokke, daarom het ek baie geerd gevoel net om die unieke rok te dra. En dan my Oupa, die person wat ek vertrou met my lewe en wat baie vir my beteken, hy het die rok vir my gekoop en ek kon die dag van die matriekafskeid onthou dat hy vir my gese het die rok is net vir my met liefde gekoop, want ek is sy lig in sy lewe en dit het baie vir my beteken.

Sien alle inskrywings