My mode-motto “Less is more” (menende nie minder materiaal nie), het my sagte, stylvolle, maar tog sexy rok (met net genoeg “bling”) tot gevolg gehad. My rok is geinspireer deur ‘n ontwerp van die oorsese ontwerper, Ian Stuart, maar omdat ek nie van “balrokke” hou nie, het ek en my ontwerper die onderkant aangepas en bandjies aan die bostuk aangebring. My ma het letterlik dae lank al die swarovski kristalletjies en glaskraletjies daarop vasgewerk. Die kleur van my rok herinner my aan die Plumbago-blommetjie en toe ek al baie vroeg in die jaar ‘n juweelreeks in daardie kleure by Sass Diva sien het ek geweet dat dit my rok se kleur moet wees. Ek het dit vir almal ‘n verassing gehou tot die groot aand. Hierdie is MY PRINSESROK wat perfek by my persoonlikheid pas. Elke liewe oomblik van my matriekafskeid gevier saam met die spesiaalste vriende ooit, sal ek vir altyd in my hart koester.

Sien alle inskrywings