Dit is geïnspireer deur die Occhio degli Dei (Eye of the gods) van Roberto Cavalli Eyewear se eerste reeks deur Marcolin ('n Italiaanse bril-maatskappy).

Die sonbril is bekikbaar in twee kleurvariasies: een warm met pienkgoud en ivoorslangvel-leer en 'n koeler, skerper ligblou weergawe met eksklusiewe hemelsblou flitsspieël-lense.

Roberto Cavalli, een van die wêreld se voorste modeontwerpers, het 'n nuwe afdeling aan die 40ste herdenking toegewy op sy webtuiste, www.robertocavalli.com.

Die Roberto Cavalli Dea-sonbril (prys op aanvraag) is vanaf Oktober 2010 in SA beskikbaar. Vir meer inligting, kontak Carl Zeiss Vision SA by 011 538 4309.