Ek het die inspirasie vir my rok gekry vanaf 'n internet website wat idees gee vir matriekafskeid rokke. Toe ek die 1ste keer by House of Superior Clothing instap het my rok daar gehang ... so asof dit gewag het vir my. Daar was net geen opsie nie, hierdie rok was gemaak vir my. Groen is wel my gunsteling kleur. Van die begin af was dit dus my 1ste kleurkeuse. Die vloeiende styl van die rok simboliseer rustigheid en groen komplimenteer dus die styl. Ek wou nie 'n waaghalsige of uitspattige rok dra nie. My rok is eenvoudig maar die kaal rug gee dit tog 'n bietjie misterie. My voorkeur is visieule kunste asook natuur as 'n geheel wat die rustigheid in my uitbring. My rok simboliseer dus hoe ek as mens funksioneer. Die dag van die matriek afskeid was vir my DIE belangrikste dag wat veral spesiaal gemaak is deur my moeder se teenwoordingheid deur die dag en sal verewig in my gedagtes van my skool loopbaan vasgepen sal bly. Dit was beslis my matriek jaar op 'n hoogtepunt afgesluit.

Sien alle inskrywings