Ek het besluit dat ek 'n rok met 'n "wow" effek moes kry en toe sien ek Dunay Darren se trourok. Ek was dadelik verlief en al my vorige idees het by die venster uit verdwyn. Dit is nou wel nie presies soos Dunay se rok nie, maar ek wou dit uniek en spesiaal maak. My Ouma het 4 maande aan my rok gewerk met 5m se rooi kant en 80m se rooi valletjies. Dit was 'n "mission" om die rok aanmekaar te kry oor al die valletjies, maar ek is dol daaroor. En om dit af te rond het my ouma vir 'n week lank elke aand tot 'n 1000 klein kralletjies om die bolyf vasgewerk.

Sien alle inskrywings