Toe ek hierdie rok sien het ek geweet dit is vir my bedoel. Ek is baie lank, 1.82 m en ek wou graag iets treffend maar baie stylvol he. Die rok het my soos n handskoen gepas en my lang lyf perfek gekomplimenteer. Die rok is modern en het glad nie baie fieterjasies nie. Die kleur was eenvoudig, ongekompliseerd en baie jonk en vars. Ek het werklik soos n prinses in my rok gevoel. My aand was ongelooflik lekker en ek het nog nooit so mooi gevoel in my pragtige rok!

Sien alle inskrywings