Ek wou 'n helderkleurige rok gehad het wat gemaklik pas en waarin ek soos 'n Prinses kon voel vir hierdie groot dag. Die keuse van my rok het my dadelik laat sterretjies sien toe ek die rok aangepas het en my soektog was op 'n end. Ek het net geweet die rok is vir my gemaak nadat geen verstellings nodig was nie en my ogies kon skitter van pure plesier. Die rok het nie net my ligte vel en hare gekomplimenteer nie maar was ook 'n verlengstuk van my persoonlikheid. Ek kon soos 'n prinses op die maat van die musiek oor die vloer gly met die wete, ek voel en lyk soos die mooiste meisie in die saal. Die kleur was uniek want daar was min wat dieselfde kleur gehad het en die patroon het die rok en my figuur tot sy reg laat kom.

Sien alle inskrywings