Ek het al jare gedroom oor my rok, maar met elke jaar se modeneigings dan het die prentjie in my kop weer verander. Ek het altyd van helder moderne kleure gehou, maar gedurende my matriekjaar het ek al hoe meer van sagter kleure begin hou. Ek het ook van die gevoel van wat ou antieke goeters in my losmaak begin hou. Dit gee 'n gevoel van ingeleefheid en geborgenheid. My balletagtergrond het ook 'n groot rol gespeel. Ek wou graag die balerinastyl uitbeeld, enersyds, omdat dit baie klassiek is en ook omdat dit kan 'translate' in drabare mode. Die outydse gevoel moes ook daar wees, maar nie koekig nie. Die kleur was vir my belangrik dit moes 'n skakering van die pienk van my pointskoene wees. Natuurlik moes daar ook bietjie bling wees. Sagte sy sjiffon het die rok afgerond. Dit was vir my pragtig toe ek die eerste keer die prentjie in my kop, in die werklikheid gesien het. Dankie Yihan dat jy my droom waar gemaak het!

Sien alle inskrywings