Volgens Lara weerspieël haar reeks haar persoonlike ervarings en wat sy dink juweliersware behoort oor te dra – dit moet 'n bietjie waaghalsig wees, misterieus, sexy en altyd interessant. Sy maak net gebruik van materiale soos leer, was, sy en 'n kombinasie van metale vir haar juwele. Die leerarmbande is in verskillende kleure te kry en kan alleen of saam gedra word. Pryse wissel van R249 tot R549. Vir meer inligting: Shankara, Winkel G48, Benmore Gardens-winkelsentrum, Benmoreweg: 011 883 8580.