Dié bekende model wat verlede jaar New York toe verhuis het om haar loopbaan in die buiteland te bevorder, is gekies as die nuwe gesig vir Guess 2013. Sy verskyn saam met die Amerikaanse model Gigi Hadid in die nuwe Guess-advertensie, “A dream within a dream”, wat op die tropiese eiland Bora Bora geskiet is.

Om 'n Guess-meisie te wees moet jy sensualiteit uitstraal, en dis maklik om só te voel as jy Guess dra

Hierdie selferkende skaam en stil Afrikaanse meisie van Witbank is baie trots op haar oorsprong. Sy het haar modelloopbaan op 18-jarige ouderdom begin en was voorheen die gesig van Wonderbra, 'n Woolworths- en 'n SA Sports Illustrated-model. Sy het ook haar lyf model gehou as die gesig vir Armani Exchange se Herfs 2012-veldtog.

Natasha Barnard

Sy is nie nét 'n mooi gesiggie nie, sy het ook 'n passie vir natuurbewaring en die fotografie van wilde diere. Natasha Barnard is beslis 'n naam om dop te hou!