Miskien het jy dit reeds gisteraand (18 April 2011) al gesien, indien nie, kyk dit hier, plus al die agter die skerms aksie!

“Ons as Suid-Afrikaners het al telkemale bewys dat ons saam ongelooflike dinge kan doen. Daarom die tema van Come Together, om alle Suid-Afrikaners te herinner aan die ongelooflike gees en saamwees wat ons as nasie saam kan vier,”  verduidelik Woolworths se bemarkingsdirekteur Charmaine Huet.

Van die sangers wat jy in die advertensie kan verwag is Arno Carstens, Chris Chameleon, aKing, Inge Beckmann, Lira, HHP, Loyiso, Gang of Instrumentals en Goldfish. Hulle is uitgevat in dié winter se mooiste breidrag.

Daar is juis baie kunstenaars gebruik sodat die tema van Come Together goed weerspieël kan word.

Plus al die agter-die-skerms-aksie tydens die skiet van die advertensie.

Kyk hier na die advertensie wat vanaf 18 April 2011 op TV te sien sal wees: