Een van die Suid-Afrikaanse ontwerpers wat 'n trourok ontwerp het vir Kate Middleton se skets in 'n tydskrif het my verbeelding aangegryp. Ek het geweet dat my matriekafskeid die eén geleentheid in my lewe is waar ek my droomrok kon dra - toe laat ek my droomrok ontwerp! Ek het die ontwerper vrye teuels gegee en het net een voorskrif gehad - dit moet die "wow'-faktor hê. Gelukkig het die ontwerper die vermoë om 'n meisie te "lees", dus het hy my styl vinnig opgesom en vorendag gekom met 'n "Vintage"-styl rok wat my soos 'n handskoen pas! Ek was só tevrede dat hy kon agterkom dat ek definitief nie wou lyk soos die meisie langsaan nie - ek't pienk gedra en soos 'n filmster gevoel wat tydens 'n filmprimiere op die rooitapyt loop.

Sien alle inskrywings