Die rok was vir my perfek mooi toe ek dit sien. Ek het die rok onmiddelik aangepas en dit het my gepas soos 'n handskoen. Ek wou graag 'n rok he met 'n styfpassende bostuk en prinses styl bostuk. Ek het ook spesifiek 'n rok gesoek wat detail op die bostuk het en ook verkieslik stene. Ek het soortgelyke rokke gesien op 'n webtuiste van rokmakers in die UK en ek het 3 tipe rokke gesien waarvan ek spesifieke gedeeltes van die rokke wou kombineer in een droomrok. Die kleur van die rok was ook vir my belangrik en dit was een van die kleure wat ek gevoel het my die beste sou pas. Vir my was dit 'n baie spesiale rok, wat my soos 'n ware prinses laat voel het op 'n spesiale dag in my lewe.

Sien alle inskrywings