Dit was my droom om 'n halternek rok te dra. Voor my matriekafskeid was ek vir 'n kleuranalise. Ek het 'n baie wit vel en moes die kleur van my rok my vel komplimenteer. My doel was om soos "Sam" te lyk: net meer vroulik en formeel. Ek wou ook anders lyk. Ses maande gelede het 'n klasmaat, Joy Jacobs, vir my prente gewys. Toe ek die prent sien van my rok, het ek dadelik geweet dit is wat ek wou hê. My rok was gemaklik om in te beweeg. Ek wou graag 'n stylvolle en elegante voorkoms hê. My rok het my soos 'n bruid laat voel. Ek is baie dankbaar dat ek die aand saam met my ouers kon bywoon asook my ongelooflike kys: Tiaan Steyn. Dit was 'n baie spesiale aand vir my.

Sien alle inskrywings