Ek is 'n baie besluitelose meisie en het dus baie lank voor die tyd op die internet na inspirasie gesoek vir idees vir die rok. 'n Swart en wit rok van Emma Watson het my geinspireer, en met 'n prentjie van die rok is ek en my ma na Renee Watson toe. Ek en Renee het saam die rok ontwerp aangesien ek self ook baie kunstig is. Die rok het op die ou end glad nie soos die rok van Emma Watson gelyk nie. Dit het baie meer kleur bevat en my persoonlikheid weerspieel. Die rok is ook vir my tydloos en bevat elemente van die natuur waarvan ek so baie hou. Die rok het my stoutste verwagtinge oortref en ek het met selfvertroue op die rooi tapyt gestap op die aand van my matriekafskeid.

Sien alle inskrywings