Die rok was vertoon in die winkelvenster en ek was eers glad nie gaande daaroor nie. Ek het my oog op 'n heel ander rok gehad en nadat ek dit gepas het besef dat dit glad nie vir my was nie. My ma het daarop aangedring dat ek die rok moes aanpas en toe ek dit eers aan het, kon ek nie glo dat die kleur my eintlik so goed pas nie. In my wildste drome het ek nie gedink dat ek 'n wynrooi rok sou dra na my afskeid nie, maar tog het ek baie goed gevoel toe ek dit eers aan het. Ek het 'n wonderlike afskeid gehad met baie mooi herinneringe.

Sien alle inskrywings