Die vertoning het afgeskop met ballerinas wat die danseres in 'n juweelkissie voorstel, met die gepaste musiek daarby. Dit het elke vrou dadelik terug geneem na kinderdae-herinneringe.

Juweelkissie-dansersMet Raponsie wat op 'n balkon sit met 'n lang vlegsel wat afhang, is die fantasie van sprokiesprinses dadelik vasgevang. Hierdie inspirasie was duidelik sigbaar deur die vertoning met die een vroulike uitrusting na die ander. Die klem was op kant, blompatrone en kleur.
Noupassende-rok met 3D-blommeHelder kleur kombinasies wat ook te sien op die loopplankDie vertoning eindig met die prinses wat trou met haar ridder op 'n wit perd – ongelooflike trourokke. Hierdie vertoning het asems weggeslaan en almal is huis toe met 'n sprankelende bui.
'n Prinses trourokDie asemrowende afsluiting