Alhoewel die aand eintlik gaan oor Wie Wen vir Wat, gaan dit vir die Hollywood royalty ook oor Wie Wen op die rooi tapyt. Natuurlik was daar ‘n hele paar wenners in laasgenoemde kategorie, maar vir SARIE was die volgende gaste kolskoot in die mode.

Gwyneth Paltrow in Tom Ford (hooffoto). Die cape-rok met sy skoon, moderne lyne sorg vir opwinding met enkele, bonkige juweliersware. Dit is ook die perfekte oplossing vir ‘n koeler aand.

Michelle Williams in Louis Vuitton. Die koraalkleurige peplum skouerlose rok is een van die groot tendense en bewys weer eens dat Michelle een van die rooi tapyt se groot trendsetters is.

Michelle Williams

Angelina Jolie in Versace. Definitief een van die sexieste rokke van die aand. Swart is altyd ‘n veilige opsie, maar met die hoë slit en luukse fluweelmateriaal het Agelina verseker haar merk op die rooi tapyt gemaak.

Angelina Jolie

Octavia Spencer in haar Tadashi Shoji-rok was nie net ‘n wenner op die rooi tapyt nie, maar sy het ook weggestap met die gesogte beeldjie vir Beste Aktrise in ‘n ondersteunende rol vir haar spel in The Help. Sy het vir al die slanker aktrises gewys dat styl wel verder strek as ’n dun middeltjie. Die roomkleurige rok met kralewerk het ongelooflik aan haar voller figuur gelyk. Octovia Spencer Jessica Chastain in Alexander McQueen. Met dié Barok-geïnspireerde rok het die rooikop ‘n groot kans gevat. Sy het egter ‘n wenner uitgetree met die goue borduurwerk wat fokus op een van die groot modetendense van die oomblik – sierlike patrone.

Jessica Chastain