1. As jy op sarie.com is, vee met jou muis oor koop, bo-aan ?die blad, en klik op winkel.

WENK: Klik op aanlyn-modetydskrif om te sien hoe om alles te dra. ?SARIE-modedirekteur, Chris Viljoen, ?wys jou slim truuks en kombinasies.  

2. Klik op MELD AAN regs bo-aan die skerm. Klik op Nie ’n lid nie? Vul nou jou voornaam, van en e-posadres in, en skep ’n wagwoord. Bevestig die wagwoord en klik op MELD AAN. Jy sal ’n bevestigingskakel per e-pos kry. Só registreer jy sodat ons ?jou per e-pos kan laat weet hoe jou ?bestellings vorder.

3. “Blaai” met jou muis deur die ?winkel tot jy vind waarvan jy hou.

WENK: As jy ons aanlyn-modetydskrif op jou rekenaar oop het, kan jy op ?enige item klik om direk na daardie ?item in die winkel te spring.

4. As jy ’n item in die winkel ?wil bekyk, klik daarop. En as jy dit ?wil koop, kies die kleur en grootte? (in die middel, regs, op jou skerm), ?en klik dan op sit in mandjie ?daaronder.

WENK: As jy van plan verander, kan jy ?die item uit jou mandjie verwyder.

5. Só betaal jy

Wanneer jy ?alles in jou mandjie het wat jy wil koop, ?klik op mandjie bo-aan blad, en dan ?betaalpunt. Vul nou jou faktuur-adres, afleweringsadres en kredietkaart-?besonderhede in. Wanneer jy op ?plaas bestelling klik, is jou transaksie voltooi. Daarna kry jy ’n e-pos ter beves-tiging, en stuur ons jou pakkie dadelik!

ONTHOU altyd die kliëntediens-nommer indien jy vashaak of vrae het: 0861 999 501