Om jou styl te ken is 'n leer proses hoe om die basis te laat werk vir jou individuele leefstyl. Dit gaan ook oor die ontwikkeling van jou aanvoeling van styl en die mees belangrike, om jouself te laat goed voel en bo almal uit te staan. Dit is die fondasie waarop ek my eie persoonlike styl bou. Styl is nie iets wat jy kan koop of net kan optel nie. Dit is 'n beeld van jou persoonlikheid. As jy net beindruk is deur tydskrifte of wat mooi lyk aan 'n vriendin, gaan jy met 'n gemors van style opeindig wat nie eie aan jou is nie. Dit plaas 'n limiet op jou "flexibility" om klere te kan meng en pas om jou eie kombinasie van styl te ontwerp. Ek is deur my eie kreatiwiteit geinspireer en het dus met behulp van my ma die rok self ontwerp. Die keuse van die kleur van my rok het reg gevoel met die tipe styl van my rok as ook met my persoonlikheid.

Sien alle inskrywings